Jannie le Roux

Beleef meer wonders! Floreer!

Ontvang gereeld INSPIRASIE

Dr. Jannie le Roux

Jannie sê oor homself: “Ek is passievol lief vir Jesus. Dis die wonderlikste ervaring om te weet: God het my lief! Daarom leef ek in verwondering oor God se liefde, is dol oor Wilma en my gesin en oor nuwe uitdagings. En ek wil graag mense inspireer! Ek hou daarvan om mense te help om meer gelukkig en vreugdevol te leef uit die oorvloed van God!”

Hoekom hierdie blog? “Drie redes: Dis lekker om inspirasie wat 'n mens ervaar met ander te deel - en ek hoop dit help lesers om meer vreugde, vryheid en vervulling te beleef. Een van ons diepste behoeftes is immers om gelukkig te wees! Tweedens het verskeie mense het gevra om meer gereeld van my skryfwerk te lees as net die gepubliseerde boeke. Die derde rede is gewoon uit dankbaarheid. Nadat ons ‘n baie sleg tyd in ons lewe beleef het – ek het daaroor geskryf in Ten Spyte Van Tsunami’s – het ek besef ek is besig om my gevoel van geluk te verloor. Toe doen ek navorsing oor geluk en skryf ook ‘n dagboek Sê Ja Vir Geluk!

Toe begin daar die wonderlikste wonderwerke. En ek beleef ons lewe as deel van ‘n Divine Conspiracy (ek het die titel van Dallas Willard se boek geleen om te beskryf wat met ons aan die gebeur is), en hopelik sal die lesers iets van hierdie verwondering in die blog lees. Ek hoop elkeen wat die stukkies lees, sal ervaar dat hulle meer geïnspireerd met 'n gesindheid van oorvloed en ervaring van meer geluk leef! Dis my hoop dat elkeen die aanraking van God sal beleef!”

Sosiale Media

Alle regte word voorbehou. Indien jy iets uit my blog wil aanstuur of aanhaal, sit asb die skakel www.jannieleroux.co.za by. Kontakinligting: jannie@jannieleroux.co.za
CLOSE
CLOSE